IN DIE NUUS

 

Bybel- en noodverligting vir rampgeteisterde Mosambiek

news 8

Die tropiese sikloon Idai, het verlede maand verwoesting gesaai in groot dele van Mosambiek.

Die kusdorpie van Beria, wat heel eerste deur die sikloon getref is, is heeltemal vernietig. Tot dusver het nagenoeg 1 000 gesterf, met baie meer wat beseer is. Honderde duisende mense is verplaas weens die vloede wat nedersettings en klein dorpies weggespoel het.

Die Bybelgenootskap in Mosambiek wat ‘n stoorplek in Beria het, het groot verliese gelei met strukture, Bybels en toerusting wat beskadig is.

“Die Bybelgenootskap in Mosambiek wil die getraumatiseerde mense van sentrale Mosambiek bystaan. Ons wil vir hulle genesing, vertroosting en hoop gee deur hulle van Bybels en ander noodsaaklikhede te voorsien,” het Rev Valente Tseco, Uitvoerende Sekretaris van die Bybelgenootskap in Mosambiek gesê.

Hy het bygevoeg dat hulle die verlore Bybelvoorraad sal moet vervang en hulle stoor sal moet herbou indien hulle met hul missie – om God se Woord aan mense te voorsien – wil voortgaan.

Die voorraad wat vervang moet word sluit 35 000 Bybels en 5 000 Nuwe Testamente in. Fondse word ook benodig om Bybels te versprei, asook vir voedsel en items vir persoonlike higiëne, skoolmateriaal en muskietnette vir die voorkoming van malaria.

Die Bybelgenootskap van Suid-Afrika wil die Bybelgenootskap in Mosambiek ondersteun in hul taak om hul land te herbou. Jou bydrae tot die Sikloon Idai Noodfonds kan ons daarmee help.

e-Saaier nuusbrief