AKTIEF VIR 'N DOEL

 
Active
 
Geniet jy dit om aktief te wees? Is jy 'n langafstandatleet, fietsryer, gholfspeler, swemmer of spring jy trampolien? Ongeag die sport waarin jy deelneem, jy kan dit gebruik om geld vir Bybelverspreiding in te samel. Word deel van ons Aktief vir Bybels-projek en vra jou familie, vriende, kerk, klublede of wie ookal om jou tydens sportgeleenthede te borg. Gebruik sosiale media om jou Aktief vir Bybels-veldtog onder mense se aandag te bring. Jy kan hulle ook op dié manier help om jou te ondersteun en om só ook self by die Bybelsaak betrokke te raak.