BYBEL-PER-MAAND KLUB

 

 

Ingeperk

  

Prisoners

 

As daar nou ’n groep mense in ons land is vir wie inperking iets is wat hulle beter verstaan as die meeste van ons, is dit seker diegene wat in die gevangenis is. Die feit dat hulle van hulle vryheid ontneem is, is deel van hulle straf.

In Suid-Afrika se oorvol gevangenisse word ongeveer 162 000 mense aangehou, alhoewel daar slegs sowat 118 500 beddens beskikbaar is. Weens die oorbevolking kom daar ernstige probleme voor, byvoorbeeld siektes soos MIV/vigs, is ’n groot probleem. Die gevangenisse in Suid-Afrika is plekke waar troos en hoop broodnodig is.

Reeds vir baie jare help die Bybelgenootskap om deur die Direktoraat Geestelike Sorg van die Departement Korrektiewe Dienste Bybels aan gevangenes te lewer. Vanjaar sal daar deur die 2 Miljoen Bybels-projek ook gehelp word om Bybels deur organisasies soos World Hope Ministries en Kairos Prison Ministries in die hande van gevangenes te plaas.

 
Bid vir:
  • genoeg Bybels vir gevangenes wat troos en hoop benodig

  • die gesondheid van gevangenes en personeel in hierdie tyd van die Covid-19-virus.