BYBEL-PER-MAAND KLUB

 

 

Bybels vir graad 7-leerders

  

BAM APR JUN 2019

 

Hulle is so 12-13-jaar oud, aan die begin van hulle tienerjare en dikwels maklik beïnvloedbaar. Volgens die jongste beskikbare statistiek is daar byna 900 000 graad 7-leerders in skole in Suid-Afrika.

'n Aantal jare gelede het die Bybelgneootskap begin met 'n projek om in skole waar die ouers nie altyd vir elke kind 'n Bybel kan bekostig nie, te help om 'n Bybel, die kompas vir die lewe, aan graad 7's te oorhandig.

Graad 7-leerders is die teikengroep vir hierdie projek omdat hulle reeds met begrip kan lees. Die bybelse boodskap kan help met die vorming van 'n waardestelsel wat hulle kan help om die regte keuses te maak.

Kerke en Christenorganisasies help om die skole wat Bybels moet ontvang, te identifiseer. Elke kind ontvang ook 'n boekie, Help! Hoe moet ek my Bybel lees?. In 2018 het 26 270 graad 7-leerders, danksy hierdie projek 'n eie Bybel ontvang.

Bid vir:
  • elke kind wat deur hierdie projek 'n eie Bybel sal ontvang
  • die onderwysers wat soms onder moeilike omstandighede hulle taak moet verrig.