PROJEKTE 2021

 

 

Bybels vir die armes

  

Poor top

 
Doel

Om Bybels gratis op 'n verantwoordelike manier beskikbaar te stel aan diegene wat dit nie kan bekostig nie.

 
Agtergrond
  • Ongeveer 55,5% van die Suid-Afrikaanse bevolking leef in armoede.
  • Die kosarmoedelyn is R585 per persoon per maand. Dit verwys na die bedrag wat 'n persoon benodig om die minimum daaglikse energie-inname te kan bekostig.
  • Die gemiddelde loon in Suid-Afrika is R3 300. Dit ondersteun 3,5 persone (R930 per persoon of R30 per dag).
  • Die werkloosheidsyfer het tot 32,5 gestyg in die vierde kwartaal van 2020, die hoogste werkloosheidsyfer sedert kwartaallikse syfers sedert 2008 beskikbaar gestel word.
  • Die Bybel bring hoop maar baie mense kan nie 'n eie Bybel bekostig nie. Versoeke stroom daagliks by ons Bybelhuise in van mense wat graag 'n eie Bybel wil ontvang of van kerke wat armes daarmee wil help.
  • Daar is 'n strategie in plek om te verseker dat die Bybels die regte mense bereik.
  • In 2020 het 26 597 mense wat nie 'n eie Bybel kon bekostig nie, danksy hierdie projek, een ontvang.
 
Verwagte impak
  • Die Bybel word in die hande geplaas van mense wat dit broodnodig het, maar wat dit nie kan bekostig nie.
  • Die krag van die Lewende Woord sal troos en hoop bring aan mense wat soms voel dat hulle deur die samelewing verstoot en vergeet word.
 
Hoe kan jy help?

Elke R100 wat ontvang word, sal help om Bybels aan die armes beskikbaar te maak.


Maak 'n verskil. Word 'n saaier van hoop.

 

DIREKTE INBETALING
Bank: ABSA
Rekeningnommer: 260 208 950
Takkode: 632-005
 
* Gebruik asb verwysingsnommer: 1505

BETALING MET BANKKAART

  •   
  •   
Net 'n oomblik ...
Jy sal binnekort na PayGate DPO se webblad geneem word waar jy 'n veilige betaling kan maak.

SNAPSCAN