• Ons Missie

    Dit is die taak van die Bybelgenootskap van Suid-Afrika om bekostigbare Bybels te voorsien vir elkeen in hul eie taal en in geskikte formate sodat almal die lewegewende boodskap van die Woord mag ervaar.
  • 1

Wat beteken die Bybel vir jou?

blog 3

Die Bybel is die tasbaarste vorm van kommunikasie tussen God en die mens.

Dit is die Woord van God, wat onderrig, ondersteun, leiding gee, troos en beloftes bevat. Voorwaar 'n kragtige boek.

Maar wat beteken die Bybel vir jou? Hoe gebruik jy die Bybel in jou daaglikse lewe? Dink jy die Bybel is nog relevant in alle sfere van ons huidige samelewing?

Ons het onlangs dié vrae aan 'n paar Bybelgenootskapleiers in Afrika gestel, en dit is wat hulle te sê gehad het:

Simon Peter Mukhama (Hoofsekretaris van die Bybelgenootskap van Uganda)

Ek het op hoërskool my lewe aan die Here gegee en toe het die Bybel my daaglikse metgesel geword. Dit was my handleiding. En vir my was die Bybel soos 'n oseaan, gevul met verskeie dinge. Ek is deur baie ondervindings en baie vrae omtrent die lewe het opgeduik, maar ek kon altyd die antwoorde in die Bybel vind.

Ek het ontdek dat dit baie kragtig is om die Bybel elke dag byderhand te hê.

Deur die Bybel is ek daarvan oortuig dat God ons die ewige lewe gegee het deur sy seun, Jesus. Die Bybel is God se Woord en dit is die woorde van Jesus as Hy met ons, sy kinders, praat.

Kyk onderhoud

Erasmus Odonkor (Hoofsekretaris van die Bybelgenootskap van Ghana)

Die Bybel is vir my lewe. Daarsonder kan ek nie lewe nie. Dit is 'n riglyn en is die bloudruk van die lewe.

Alles wat ek doen, meet ek aan die Skrif. Ek wil verseker wees dat my standpunte, my gedagtes en my aksies ooreenstem met dit wat die Skrif sê.

As ons volgens die Skrif leef, sal ons, ten spyte van al die lewensuitdagings wat ons teëkom, sukses behaal in die oë van God.

As almal die Skrif nastreef en fokus op die roeping wat God vir elkeen van ons lewens het, sal ons ons lewens, ons gesinne, ons gemeenskappe en ons nasies in God se lig kan bou.

Dit sal vir ons vreugde in onsself gee en waarlik dié lewe laat leef wat God vir ons beplan het.

Kyk onderhoud

Clapperton Mayuni (Hoofsekretaris van die Bybelgenootskap van Malawi)

Die Bybel beteken alles vir my en oor die jare heen het dit net soeter en soeter geword.

Deuteronómium 32 waar God vir Moses aansê om 'n lied aan die Israliete voor te hou, lê my baie na aan die hart. Moses sluit dan af met die woorde "dit is geen vergeefse woord vir julle nie, maar dit is julle lewe …" Die vers het ek my eie gemaak en, ek weet, God se Woord ís my lewe.

Soos Dawid in Psalm 119 God se wet besing, is ek ook daarvan oortuig dat God se woord my riglyn is en, soos Paulus gesê het, sal dit my "volmaak in elke goeie werk, om sy wil te doen".

Kyk onderhoud

Gabriel Tsuaneng (Hoofsekretaris van die Bybelgenootskap van Botswana)

Die Bybel is die Woord van God. Dit is wat God vir ons sou sê as Hy fisies hier by ons teenwoordig was.

Die Bybel is ook 'n instrument vir nadenking. Dit is soos 'n spieël, 'n spieël waarin ek kan kyk en nadink oor hoe ek leef. Hoe ek dinge doen as 'n individu, as 'n Christen, as 'n leier en as hoof van 'n gesin.

Die Bybel is ook 'n handleiding vir almal wat in 'n leiersposisie staan. Die Bybel spreek leiers aan en wys hulle tereg. Dit laat hulle nadink oor die pad waarop hulle God se mense lei. Die Bybel gee leiding en duidelikheid in alle sfere van ons gemeenskappe, sosiale lewens en ook in politieke kringe. Dit is deur die Bybel wat ons God kan hoor praat. Dit is hoe ons op sy roepstem kan antwoord en so sy krag kan ervaar.

Die Bybel is 'n persoonlike ervaring met ons lewende God.

Kyk onderhoud

'n Bybel vir
elkeen

Gee nou