• Ons Missie

    Dit is die taak van die Bybelgenootskap van Suid-Afrika om bekostigbare Bybels te voorsien vir elkeen in hul eie taal en in geskikte formate sodat almal die lewegewende boodskap van die Woord mag ervaar.
  • 1

Lees en leef die Bybel elke dag

news 4

Volgens onlangse navorsing is die Bybel vir die meeste Christene in Suid-Afrika steeds baie relevant. Op 'n skaal van een tot 10, met 10 die belangrikste, het 64,9% die belangrikheid van die Bybel in hulle lewens tussen agt en 10 geplaas.

Hierdie navorsing dui aan dat 68,8% van die Suid-Afrikaanse bevolking, ouer as 15 jaar, tot die Christelike geloof behoort. Die Bybel is dus vir miljoene Suid-Afrikaners relevant.

Die Bybel is beskikbaar in Suid-Afrika. Die afgelope vyf jaar is daar byna 7 miljoen Bybels in gedrukte, oudio en digitale formate in die land versprei. Verlede jaar alleen is daar 945 693 gedrukte Bybels en 1 973 e-Bybels versprei. 'n Verdere 372 682 Selfoonbybels is afgelaai. Die meerderheid van Christene in Suid-Afrika (79,1%) besit ook reeds een of meer Bybels.

Die boodskap van die Bybel kom egter nie altyd helder en duidelik na vore in die lewens van Christene in ons land nie. Bybelgenootskappe wêreldwyd, en dus ook die Bybelgenootskap van Suid-Afrika, het dit as hulle mandaat om mense se interaksie met die Bybel te bevorder.

Klik gerus hier en ontdek al die Bybelhulpmiddels wat gratis afgelaai kan word. Die doel van hierdie hulpmiddels is om mense se interaksie met die Bybel te bevorder, die Bybel beter te verstaan en die bybelse boodskap uit te leef.

'n Bybel vir
elkeen

Gee nou