KOPIEREG EN TOESTEMMINGS

Waarom is daar kopiereg op die Bybel?
Watter vertalings van die Bybel word deur die Bybelgenootskap van Suid-Afrika se kopiereg beskerm?
Wat is die kostes verbonde aan kopiereg?
Onder watter omstandighede is dit nie nodig om vir kopiereg aansoek te doen nie?
Wie hou die kopiereg vir Engelse vertalings van die Bybel?

Laai die volledige kopieregbeleid van die Bybelgenootskap van Suid-Afrika hier af.
Laai die aansoekvorm vir individue en regsentiteite af.

Vir enige ander kopieregnavrae stuur asseblief e-pos aan Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. of kontak ons by 021 910 8777.


Waarom is daar kopiereg op die Bybel?
 

Die vernaamste redes vir kopiereg op enige gepubliseerde werk is eerstens om die integriteit van die teks te beskerm en tweedens om die regte van die kopiereghouer te beskerm.

Kopiereg op die Bybel help om die integriteit van die teks te beskerm en in lyn met die Suid-Afrikaanse kopieregwet mag:

  • Geen persoon toegelaat word om die teks van die Bybel te neem en veranderings aan te bring om sy eie teologiese of ander standpunte te ondersteun nie.
  • Geen persoon toegelaat word om die teks van die Bybel, wat met groot koste deur die Bybelgenootskap uit die oorspronklike tale vertaal is, sonder toestemming en met die doel om 'n wins te maak, te publiseer nie.

Die Bybelgenootskap van Suid-Afrika het ook kontrakte gesluit met die kopiereghouers van sommige Engelse Bybels en moet dus kopieregfooie betaal op elke eksemplaar van so 'n Engelse Bybel wat gepubliseer word.

Al die vertalings van die Bybel in Afrikaans, isiNdebele, Sepedi, Sesotho, Siswati, Setswana, Xitsonga, isiXhosa en isiZulu word deur kopiereg beskerm, en is vir leesdoeleindes beskikbaar by www.biblesa.co.za.


Watter vertalings van die Bybel word deur die Bybelgenootskap van Suid-Afrika se kopiereg beskerm?   

Let asseblief daarop dat die datum wat langs 'n vertaling verskyn slegs 'n benaming is en nie noodwendig dui op die nuutste kopieregdatum nie.

Afrikaans
Bybel in Afrikaans 1933/1953
Bybel in Afrikaans 1983/1992
Bybel vir Dowes/almal 2007
Nuwe Testament en Psalms: 'n Direkte Vertaling 2014

Engels
The Bible for the Deaf 2019

IsiNdebele
Bybel in isiNdebele 2012

Sepedi
Bybel in Sepedi 1904/1986
Bybel in Sepedi 2000

Sesotho
Bybel in Sesotho 1909/1961 (standaard ortografie)
Bybel in Sesotho 1989 (standaard ortografie)
Bybel in Sesotho 1989 (Lesotho ortografie)

Siswati
Bybel in Siswati 1996

Xitsonga
Bybel in Xitsonga 1929/2012
Bybel in Xitsonga 1989

Setswana
Bybel in Setswana 1970/1987
Bybel in Setswana 1908/1992

Tshivenda
Bybel in Tshivenda 1998

IsiXhosa
Bybel in isiXhosa 1859/1975
Bybel in isiXhosa 1996

IsiZulu
Bybel in isiZulu 1959/1997
Bybel in isiZulu 2020

Wat is die kostes verbonde aan kopiereg?  

Die koste van kopiereg word vir elke individuele publikasie bepaal. Koste word bepaal op grond van die hoeveelheid skrifgedeeltes wat aangehaal word en ook die persentasie van die produk wat uit skrifaanhalings bestaan. Daarna word die kopieregfooi gegrond op die verkoopsprys van die spesifieke publikasie.

Onder watter omstandighede is dit nie nodig om vir kopiereg aansoek te doen nie?  

Die Bybelgenootskap van Suid-Afrika verleen graag toestemming aan outeurs en uitgewers om tot vyf honderd (500) verse van die Bybel in enige formaat (geskrewe, visueel, elektronies of oudio) aan te haal. Die aangehaalde verse mag egter nie meer as vyftig persent (50%) van 'n volledige boek van die Bybel, of meer as vyf en twintig persent (25%) van die totale teks van die werk waarin hulle aangehaal word, uitmaak nie, anders moet voorafgaande skriftelike toestemming verkry word. Erkenning van kopiereg moet egter steeds op die versoblad van die publikasie aangedui word.

Verwys asseblief na ons kopieregbeleid vir meer inligting in hierdie verband.

Gemeentelike gebruik van Bybelaanhalings het te make met die normale gebruik van die Bybel. Kopiereg maak voorsiening vir die billike gebruik van aanhalings en dit is geensins die doel van die Bybelgenootskap om die normale gebruik van die Bybel te beperk nie.

Sodra Bybelaanhalings in 'n publikasie gebruik word en dit tot kommersiële voordeel van die uitgewer lei, moet skriftelike toestemming van die Bybelgenootskap verkry word en die nodige kopieregerkenning verleen word.

Wie hou die kopiereg vir Engelse vertalings van die Bybel?

Kontak die volgende organisasies om aansoek te doen vir Engelse kopiereg:

CEV (Contemporary English Version)
Kopiereg © American Bible Society
Theresa Dionisio e-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.
www.americanbible.org

TEV (Today’s English Version) ook GNT (Good News Translation)
Kopiereg © American Bible Society
Theresa Dionisio e-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.
www.americanbible.org

ESV (English Standard Version)
Kopiereg © Crossway Bibles
Good News Publishers
1300 Crescent Street, Wheaton, IL 60187 USA
Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

KJV (King James Version) ook AV (Authorised Version)
Geen kopiereg (kopieregvry)

NIV (New International Version)
Kopiereg © Biblica, Inc.
www.biblica.com

NKJV (New King James Version)

Kopiereg © HarperCollins Christian Publishing
Attn: Bible Rights and Permissions
501 Nelson Place, Nashville, Tennessee 37214-1000 USA
Robert Downs e-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.