BYBEL-PER-MAAND KLUB

 
Bybel-per-maand Projek

Sluit aan by die Bybel-per-Maand Klub en deel maand na maand die waardevolste skat, die woord van God, met ander …

Bybel-per-Maand Klublede gee maandeliks 'n bydrae en ondersteun spesifieke projekte om die Bybelgenootskap te help om ten minste een Bybel vir iemand teen 'n bekostigbare prys beskikbaar te stel. Dink 'n bietjie hoe dit sou wees as jy nie jou eie Bybel gehad het nie. En tog is daar baie mense wat nie 'n Bybel in hulle eie taal besit nie. Jy kan help om dit moontlik te maak en deur die Woord van God lewens te verander.


Elke R70 wat ons ontvang help die Bybelgenootskap om een meer Bybel beskikbaar te stel.


As 'n vennoot van die Bybel-per-Maand Klub sal jy die volgende ontvang:

  • 'n Lidmaatskapkaart
  • 'n Intekening op 'Die Saaier', 'n tydskrif om jou meer te vertel van mense wie se lewens deur die Woord van die Here verander is
  • 'n Notabordjie vir die yskas met die Bybel-per-Maand Klub logo daarop, om jou daagliks te herinner om vir ons te bid 
  • 'n Spesiale nuusbrief wat jou inlig oor die projekte wat ons ondersteun