BYBEL-PER-MAAND KLUB

 

 

Bekostigbare Bybels vir ons buurlande

  

DSC 1628

 

Die afgelope aantal jare help die Bybelgenootskap van Suid-Afrika (BSA) om Bybels aan ons buurlande; Botswana, Lesotho, Namibië en Eswatini te voorsien.

Daar bestaan ’n sterk band tussen die BSA en hierdie Bybelgenootskappe, wat hard werk om die Bybelsaak in hulle onderskeie lande te dien. Hierdie band word verder versterk deur die feit dat van ons tale ook in hierdie lande gepraat word: Afrikaans in Namibië, Sesotho in Lesotho, Setswana in Botswana en Siswati in Eswatini.

Die Bybelgenootskappe in ons buurlande kry tans baie swaar. Bybels in hierdie oorgrenstale word, waar moontlik, so goedkoop as moontlik aan die Bybelgenootskappe in ons buurlande voorsien. Op hierdie wyse help ons hulle om Bybels so bekostigbaar as moontlik te hou en te verseker dat die Bybel vir hulle inwoners toeganklik is.

Met die hulp van Bybel-per-Maand klublede kon die BSA in 2021 ’n totaal van 6 844 volledige Bybels in ses verskillende tale en in 11 vertalings aan ons buurlande voorsien. So help ons hulle met ons gemeenskaplike visie om die Bybel vir almal beskikbaar te stel.

 

Bid vir:
  • Bybelgenootskappe in ons buurlande
  • genoeg Bybels om in hulle behoeftes te kan voorsien
  • elke persoon in hierdie lande wat ’n Bybel ontvang.