RAAD VAN DIREKTEURE

 

Die Bybelgenootskap van Suid-Afrika is 'n nie-winsgewende maatskappy wat deur 'n Raad van Direkteure beheer word. Hulle adviseer en ondersteun die Uitvoerende Hoof, Rodney van Wyk, in die uitvoer van ons missie en visie. 

image

Paul du Plessis

Voorsitter

Paul is in 2017 tot direkteur verkies. Hy is 'n geordende predikant van die NG Kerk. Paul het in 2020 afgetree nadat hy in verskillende gemeentes gedien het, waarvan die laaste die Riviera-Jakaranda gemeente was. Hy het baie ervaring in gemeentewerk, sowel as kerklike beheerstrukture en het in verskeie hoedanighede, onder andere as voorsitter van die ringe van Birchleigh en Moot Sentraal, gedien. Hy het ook in die moderatuur van die Hoëveld en Noordelike sinodes, asook 'n termyn as moderator van die Hoëveld Sinode gedien. Paul het sy doktorsgraad in kerkgeskiedenis behaal.

 

 

 
image

Dawid (Dawie) Francois Theron

Ere-tesourier

Dawid is in 2023 tot Ere-tesourier verkies. Hy is die eienaar en direkteur van FHBC, ’n belasting- en rekenmeesterspraktyk. Hy het aan die Universiteit van Bloemfontein studeer waar hy ’n BCom Honneursgraad behaal het. Hy het sy leerlingskap by Brink roos & Du Toit voltooi. Dawie het ook ’n graad in Teologie en is ’n diensleraar by die NGK Wellington Moedergemeente.

 

 

 
image

Ndumi Medupe

 

Ndumi is in 2022 tot die Raad van Direkteure verkies. Ndumi wat in 2002 as 'n geoktrooieerde rekenmeester gekwalifieer het, het meer as 25 jaar se professionele ondervinding in interne ouditering, risikobestuur en finansiële bestuur in beide die private en openbare sektore..

 

 

image

Jacob Bonginkosi Freemantle

 

Jacob het in 2021 op die raad begin dien. Hy het in 1998 sy Honneursgraad by die Rhodes Universiteit voltooi en het ook ’n Meestersgraad in Filosofie. Hy dien tans die Methodiste Kerk as Biskop van die William Kama Distrik.

 

 

image

Rantoa Letšosa

 

Prof Rantoa het in 2023 op die Raad begin dien. Hy is die dekaan van die Fakulteit Teologie en Godsdiens by die Universiteit van Pretoria en ook lid van die Gereformeerde Kerke van Suid-Afrika.

 
 
 
image

Rodney van Wyk

Ex officio lid van die Raad

Ds Rodney van Wyk is ’n geordende dominee van die Gereformeerde Kerke in Suider-Afrika. Hy het in 2008 by die Bybelgenootskap se Raad van Direkteure aangesluit. In 2012 is hy tot Voorsitter van die Raad verkies en het vir twee agtereenvolgende termyne, ses jaar, in die amp gedien. Hy het hierna vir nog twee jaar as raadslid gedien voor sy uittrede. Sy intieme kennis van die Bybelgenootskap se struktuur, missie en werk het Rodney die logiese keuse gemaak toe ’n Uitvoerende Hoof aangewys moes word.

 

 

image

Wayne Wallander

Ex officio lid van die Raad

Wayne is in Oktober 2022 as Finansiële Hoof aangestel nadat hy sedert 2014 as die Bybelgenootskap se rekenmeester gedien het. Nadat hy ’n CA (SA)-kwalifikasie verwerf het, het hy etlike jare in die finansies- en ouditbedryf as ouditeur en finansiële verslagdoenings-rekenmeester deurgebring.