Bybels vir graad 7-leerders
Doel
Om gratis Bybels beskikbaar te stel aan graad 7-leerders in skole in die armste dele van ons land.
Agtergrond
- Volgens die jongste beskikbare statistiek is daar meer as een miljoen graad 7-leerders in skole in Suid-Afrika, waarvan die oorgrote meerderheid in staatskole is.
- Graad 7-leerders is die teikengroep vir hierdie projek omdat hulle reeds met begrip kan lees. Hulle is aan die begin van hulle tienerjare en dikwels maklik beïnvloedbaar. Die bybelse boodskap kan help met die vorming van 'n waardestelsel wat hulle kan help om die regte keuses te maak.
- Die projek word op 'n verantwoordelike manier bestuur. Kerke en Christenorganisasies word veral gebruik om die skole wat Bybels moet ontvang, te identifiseer. Elke kind ontvang ook 'n boekie, Help! Hoe moet ek my Bybel lees?.
- In 2019 het 26 184 graad 7-leerders, hoofsaaklik in skole in arm dele van ons land, 'n eie Bybel ontvang.
Verwagte impak
- Die lewegewende boodskap van die Woord kan help om hierdie kinders in hulle geloof te anker.
- Dit sal kerke en Christenorganisasies wat met hierdie kinders werk, help as meer kinders 'n Bybel het.
- Vir sommige van hierdie kinders is die Bybel wat hulle ontvang, die enigste Bybel in die huis.
Hoe kan jy help?
Elke R100 wat ontvang word, sal help om 'n Bybel en die boekie, Help! Hoe moet ek my Bybel lees? aan graad 7-leerders te oorhandig wat nie 'n eie Bybel kan bekostig nie.
Maak 'n verskil. Word 'n saaier van hoop.
DIREKTE INBETALING
* Gebruik asb verwysingsnommer: 1535
Bank: ABSA
Rekeningnommer: 260 208 950
Takkode: 632-005
BETALING MET BANKKAART

Jy sal binnekort na PayGate DPO se webblad geneem word waar jy 'n veilige betaling kan maak.

