BYBEL-PER-MAAND KLUB

 

 

Bybels vir die armes

  

Bibles for the poor

 

Statistieke oor armoede in Suid-Afrika laat 'n mens se hare rys. Ons woon in 'n land waar sowat 30,4 miljoen Suid-Afrikaners in armoede leef. Een uit elke drie Suid-Afrikaners leef op 'n inkomste van minder as R797 per maand en vir een uit elke sewe Suid-Afrikaners beteken armoede gebrek aan voedsel. Hulle moet gemiddeld op R441 of minder per maand oorleef.

Die feit dat Suid-Afrika onder die top 20 lande in die wêreld met die hoogste werkloosheidsyfer is, verbeter nie die prentjie nie. Volgens die jongste beskikbare syfers is 27,2% van die ekonomies aktiewe bevolking in Suid-Afrika werkloos.

Die Bybel bring hoop maar baie mense kan nie 'n eie Bybel bekostig nie. Versoeke stroom daagliks by ons Bybelhuise in van mense wat graag 'n eie Bybel wil ontvang of van kerke wat armes daarmee wil help.

Die Bybelgenootskap het 'n strategie in plek om te verseker dat deur hierdie projek die Bybels die regte mense bereik. Verlede jaar het 15 333 mense wat nie 'n eie Bybel kon bekostig nie, danksy hierdie projek, een ontvang.

Bid vir:
  • mense in ons land wat nie weet waar elke dag se kos vandaan gaan kom nie
  • meer fondse sodat meer mense wat dit nie kan bekostig nie, 'n Bybel kan ontvang.