Die Saaier - Lente 2020 - page 2

Die werk wat die Bybelgenootskap verrig is behoorlik
in die kollig geplaas tydens ons verjaardagnaweek
van 22 en 23 Augustus toe die Bybelgenootskap
200 jaar van Bybelwerk in Suid-Afrika gevier het.
Weens die Covid-19-pandemie kon ons nie
fisies saam met julle feesvier nie, en moes ons
noodgedwonge sekere geleenthede virtueel
aanbied. Dit het egter nie die viering enigsins minder
merkwaardig of spesiaal gemaak nie. Sien gerus die
foto’s op bl 4 en 5.
As deel van die Wêreldbond van
Bybelgenootskappe vier ons nog ’n groot mylpaal
wat betref wêreldwye Bybelverspreidingsyfers. Die
toenemende behoefte aan Bybels is beslis iets om
ook te vier. Lees meer hieroor op bl 2 en 3.
Vir die afgelope twee eeue het die
Bybelgenootskap van Suid-Afrika die voorreg
gehad om die Woord van God in mense se hande
te plaas. Om in samewerking met ons donateurs
en ondersteuners saaiers van hoop te wees. En
dit is presies hoe ons die geskeidenis van die
Bybelgenootskap opsom, ’n reis van hoop en
genade.
Ons sien met opwinding uit na die werk wat nog
voorlê om, deur God se genade, ’n Bybel vir elkeen
beskikbaar te maak
En wat julle ook al sê of doen, sê en doen dit
alles in die Naam van die Here Jesus en dank
God die Vader deur Hom.
– Kolossense 3:17
Liewe Medewerker
LENTE 2020
NOMMER 228
1 3,4,5,6,7,8,9,10,11,12,...26
Powered by FlippingBook