Die Saaier - Lente 2020 - page 10

L
Les Oliphant, ’n kranige atleet en ondersteuner van die
Bybelgenootskap, is een van die atlete wat besluit het om
vanjaar se Comrades Marathon vir die Bybelgenootskap
se
2 Miljoen Bybels
-projek te hardloop.
Net soos baie ander hardlopers regoor Suid-Afrika
en die wêreld, het Les daarna uitgesien om dié ikoniese
wedloop te hardloop. Dit was egter voordat die Covid-19-
pandemie alle deelname aan sportgebeure stopgesit het.
Hoewel sy Comrades drome nie gerealiseer het nie, het
Les tog daarin geslaag om R14 331,70 in te samel danksy
die hulp van sy lojale ondersteuners.
Om sy dankbaarheid te toon het hy op Sondag,
14 Junie, die dag waarop die Comrades sou plaasvind,
21 km gehardloop.
dS
Geen Comrades
maar Les hardloop steeds vir Bybels
H e t j y g e w e e t
?
Op 1 November 1965 begin die Bybelge­
nootskap van Suid-Afrika as ’n outonome
liggaam funksioneer en word, 145 jaar
nadat die werk in Suid-Afrika begin het,
’n volwaardige Bybelgenootskap.
8
die saaier
lente 2020
1,2,3,4,5,6,7,8,9 11,12,13,14,15,16,17,18,19,20,...26
Powered by FlippingBook