Die Saaier - Lente 2020 - page 9

Brood van die lewe
vir armes
I
In Kaapstad is daar baie mense wat
op die straat bly.
In Seepunt werk Amanda
Hattingh van
Hamigdalor Ministry
en Dale Jackson van
The Lighthouse
Ministry
saam om elke dag sowat 200
mense te voed. Wanneer die mense
op die sypaadjie voor die Seepunt
Evangeliese Kerk begin tou staan vir
hul kospakkies (die enigste maaltyd
van die dag vir baie van hulle), deel
Dale die Evangelie met hulle.
“Ons voel dit is ons roeping om
saam met ander ondersteuners en
lidmate na hierdie mense uit te reik.
Ons gee vir almal, ongeag waar hulle
vandaan kom, hul agtergrond of
geloofsoortuiging,” verduidelik Dale.
Dit is duidelik dat saam met die
hongerpyne daar ook ’n behoefte is
aan geestelike voeding, ’n soeke na
hoop.
“Mense nader ons vir ’n Bybel en
hulle is baie dankbaar wanneer hulle
wel ’n Bybel ontvang,” vertel Amanda.
In Mei vanjaar het die Bybelgenoot­
skap 110 Bybels en 250 Evangelies
volgens Johannes aan hierdie bedie­
nings geskenk wat onder die armes
versprei is.
dS
H e t j y g e w e e t
?
Die eerste volledige Bybelgenootskap Bybel wat in Suid-Afrika
gedruk is, ’n Sesotho Bybel, word in 1961 op die Sendingpers in
Bloemfontein gedruk.
7
1,2,3,4,5,6,7,8 10,11,12,13,14,15,16,17,18,19,...26
Powered by FlippingBook