Die Saaier - Lente 2020 - page 19

H e t j y g e w e e t
?
In 2006 word die Bybelgenootskap van Suid-Afrika sover ons
kennis strek, die eerste Bybelgenootskap wat die volledige
Bybel vir selfone beskikbaar stel.
D
D
D
Skenking
van kerkleiers
Die AGS Nasionale Leierskapforum seën die
Bybelgenootskap elke jaar met ’n donasie.
Vanjaar se skenking van R70 000 was ten bate
van die Bybelgenootskap se
2 Miljoen Bybels
-
projek wat daarop gemik is om twee miljoen
Bybels en twee miljoen stelle Bybelgebaseerde
geletterdheidsboekies aan diegene in nood te
versprei. Hier is (voor van links) past George
Mahlobo (president van die AGS), past George
Thompson (Bybelgenootskap), (agter) Dr Henri
Weideman (Hoofsekretaris van die AGS) en
pastore Bennie Francke en Nimrod Kekana,
albei van die Bybelgenootskap.
dS
Die Bybelgenootskap het onlangs ’n baie
spesiale verjaardaggeskenk van sy drukvennoot,
die Nanjing Amity Printing Company, ontvang.
ie geraamde sertifikaat het ’n baie merkwaardige
Bybel ingesluit. Die sertifikaat se inskrywing lui:
“Hierdie eksemplaar van Die Bybel:
1933/1953-vertaling is die 200 miljoenste Bybel
wat in November 2019 van die Nanjing Amity
Printing Company se produksielyn afgekom het.
“Dit is vir ons ’n groot eer en plesier om hierdie
baie belangrike eksemplaar aan die Bybelgenoot­
skap van Suid-Afrika te skenk in erkenning van
sy merkwaardige mylpaal van 200 jaar van diens.
“Amity Printing Company is veral dankbaar
vir ons goeie vennootskap oor die jare heen.”
dS
Spesiale
verjaardaggeskenk
17
1...,9,10,11,12,13,14,15,16,17,18 20,21,22,23,24,25,26
Powered by FlippingBook