Die Saaier - Lente 2020 - page 12

te vier. Bid vir die implementeing
van ons geletterdheidsprogram­
me in Oos-Sumba in 2020.
Bid ook vir voldoende fondse
wat die
Bible in Love
-program
in staat sal stel om Bybels in
afgeleë gebiede te versprei.
11-17 Okt
Hongkong:
Loof die Here
vir die
Revised Chinese
Unified
vertaling en vir die
samehorigheid en groei
wat dit onder Christene tot
gevolg gehad het. Dank
die Here vir verlede jaar
se eeufeesvieringe.
Taiwan:
Bid dat die werk
wat ons beplan wel teen
2025 voltooi sal word. Bid vir
wysheid vir ons redaksie en
vir seën op hulle werk. Bid vir
die nodige fondse.
18-24 Okt
Filippyne:
Bid dat die Here
in die Bybelbehoeftes van ons
mense, veral die wat sigge­
stremd is, sal voorsien. Bid vir
die ontwikkeling van Oudio­
bybels in mense se hartstaal
en dat dit beskikbaar gestel
sal word.
Mikronesië:
Bid dat ons
bekostigbare Bybels aan hier­
die eilande sal kan voorsien,
aangesien vervoerkoste en die
huidige ekonomiese klimaat
sommige van die uitdagings is
wat kerke en individue in die
gesig staar. Bid dat die Here
ons sal help om struikelblokke
uit die weg te ruim wat verhoed
dat mense ’n Bybel van hul eie
kan besit.
25-31 Okt
Indië:
Bid vir die bekend­
stelling van
Bible 2020
. Bid
vir die programme vir kinders
en jongmense asook vir meer
Bybelproduksie en -versprei­
dingsinisiatiewe.
Maledive:
Bid vir Bybelwerk
op hierdie eiland met minder as
400 000 bewoners. Bid dat elke
persoon deur die boodskap
van God se Woord aangeraak
sal word.
Sri Lanka:
Bid vir die
hersiening van die ou vertaling
van die Tamil Bybel wat oor­
spronklik in 1871 gepubliseer
is. Tamil word hier ietwat
anders gepraat as in Indië.
Die hersiening sal digitalisering
insluit.
Bangladesj:
Bid vir die vorde­
ring van die Bybelgenootskap
se verskeie projekte, veral vir
die konstruksie van die nuwe
hoofkantoor. Bid steeds vir die
vlugtelinge in ons land. Bid vir
ons personeel en vir die leier­
skap in ons land, veral in hierdie
moeilike tye van Covid-19.
NOVEMBER
1-7 Nov
Suriname:
Bid vir die vertaling
van die Ou Testament in die
kleiner tale van Aukan en
Saramaccan. Bid dat die
behoeftes van die kerk en
gemeenskappe aangespreek
sal word. Bid veral vir die Bybel­
behoeftes van vlugtelinge van
Venezuela wat hulle in hierdie
land bevind.
El Salvador:
Bid vir ons
mense, veral die groot getal
weeskinders wat hul ouers
verloor het weens die geweld in
ons land. Mense is om hierdie
rede baie beangs. Bid vir die
Bybelgenootskap se planne om
materiaal te ontwikkel vir die
Vrees nie
-inisiatief wat kinders
sal help om vrees met die
Woord van God te verdryf.
Honduras:
Bid vir wysheid
dat ons die Woord meer
relevant kan maak vir kinders
en jongmense. Bid vir die
veiligheid van ons spanne
aangesien hulle daagliks aan
die geweld in ons land bloot­
gestel word.
Guatemala:
Bid dat ons alle
kinders met ons Bybelmissie sal
bereik. Bid dat jong Guatemale
die toepaslikheid van die Bybel
in hul lewens sal besef. Bid dat
meer mense toegang tot ’n
Bybel in hul hartstaal sal hê.
8-14 Nov
Dominikaanse Republiek:
Loof God dat ons deur verskeie
projekte, soos
’n Bybel in elke
rugsak
,
Bybels vir wapens
, en
Hulle sal God hoor
, mense se
lewens met die Woord van God
kan aanraak. Bid vir ons land en
ons span, dat die Here ons sal
help om sy Woord te versprei
aan diegene wat dit nodig het.
Oos-Karibiese Eilande:
Bid vir al die inwoners van
hierdie streek. Soos baie ander
plekke in die wêreld staar ons
menige uitdagings in die gesig
te midde die Covid-19-pande­
mie. Bid dat die boodskap van
die Bybel ’n impak sal hê.
Puerto Rico:
Bid vir die
mense van ons land wat oor
die afgelope jare verskeie
beproewings, waarvan
sommige ’n negatiewe
uitwerking op die ekonomie
gehad het, deurgemaak het.
10
die saaier
lente 2020
1...,2,3,4,5,6,7,8,9,10,11 13,14,15,16,17,18,19,20,21,22,...26
Powered by FlippingBook