Die Saaier - Lente 2020 - page 8

D
Die Bybelgenootskap het onlangs
tydens die inperkingstydperk Bybels
aan lede van die Suid-Afrikaanse
Polisiediens (SAPD) wat regoor die
land hoofpadblokkades beman het,
geskenk.
Past Christo Maree, Organiserende
Sekretaris van die Bybelgenootskap,
het die projek van stapel gestuur nadat
hy die storie van ’n dominee gehoor
het, wat by een so ’n padblokkade
gestop is en waar die polisielede vir
hom gevra het om vir hulle veiligheid
te bid.
“Ek was vir 30 jaar ’n kapelaan in
die SAPD en kon dadelik die behoefte
van die lede, dat iemand vir hulle moet
bid, begryp. Deel van my bediening
as kapelaan was om lede aan diens
te besoek en om hulle geestelik te
ondersteun met Skriflesing en gebed.
Dit het my die idee gegee om Bybels
aan die lede te skenk wat by die hoof­
padblokkades diens doen as ’n blyk van
waardering van die Bybelgenootskap
asook om hulle geestelik te versterk,”
het past Maree verduidelik.
Die Bybelgenootskap glo daaraan
om ’n verskil in mense se lewens te
maak en soveel te meer wanneer dit
die geloof versterk van die mans
en vroue wat die taak het om die
inwoners van ons land te beskerm.
“Met die oorhandiging van hierdie
Bybels aan die SAPD, bid ons dat
diegene aan die frontlinie, asook
hulle gesinne, vertroosting en krag
daarin sal vind,” het Rev Shane Fraser,
Streekhoof van die Bybelgenootskap
se Noordelike Streek, met die
eerste oorhandiging van Bybels aan
die SAPD, gesê.
dS
H e t j y g e w e e t
?
Die eerste uitgawe van
Die Saaier
, die amptelike
nuusbrief van die Bybel­
genootskap van Suid-Afrika
verskyn op 1 April 1957.
6
die saaier
lente 2020
Bybels vir
SAPD-lede
1,2,3,4,5,6,7 9,10,11,12,13,14,15,16,17,18,...26
Powered by FlippingBook