Die Saaier - Lente 2020 - page 4

2
die saaier
lente 2020
1,8 miljard Bybels
en Bybelgedeeltes
in vyf jaar versprei
D
Deur God se genade kon
Bybelgenootskappe wêreldwyd
daarin slaag om oor die afgelope
vyf jaar 1,8 miljard Bybels en
Bybelgedeeltes te versprei. Daarmee
saam was 2019 ook ’n rekordjaar vir
Bybelverspreiding.
Die totale jaarlikse verspreiding van
volledige Bybels wêreldwyd in 2015
was 34 miljoen. Teen die einde van die
vyfjaarperiode in 2019 het dit tot 40
miljoen gestyg. Hierdie konstante
toename is ’n aanduiding van die
voortdurende behoefte aan God se
Woord en beklemtoon ook Bybel­
genootskappe se toewyding om te
verseker dat almal wat ’n Bybel
benodig, wel een ontvang.
Die verspreiding van digitale Bybels
wêreldwyd neem steeds toe. In ver­
gelyking met die verspreidingsyfer van
17% in 2018 was byna ’n kwart van
alle Bybels wat in 2019 versprei is in
digitale formaat.
In totaal is 315 miljoen Bybels en
Bybelgedeeltes in 2019 versprei.
Interessant genoeg is daar in 2019
byna 3,7 miljoen Bybels en Bybel­
gedeeltes versprei wat spesifiek vir
kinders ontwikkel is – met 34% hiervan
wat in Afrika versprei is. Die grootste
gedeelte, 1,1 miljoen Kinderbybels en
–gedeeltes, is in Egipte versprei.
Nog ’n verblydende feit wat uit die
verspreidingsyfers vorendag gekom
het, is dat meer volwassenes nou
leer lees. Sowat 4,5 miljoen boekies
vir nuwe lesers is in 2019 versprei.
Vertaling, geletterdheid en verspreiding
gaan hand aan hand en in 20 lande is
daar geletterdheidsklasse vir ongeveer
165 000 mense aangebied. Burkina
1,2,3 5,6,7,8,9,10,11,12,13,14,...26
Powered by FlippingBook