Die Saaier - Lente 2020 - page 5

3
Faso in Afrika is een so suksesverhaal.
Hoewel dit een van die lande is met
die swakste geletterheidsyfers in die
wêreld (twee derdes van die bevolking
kan nie lees of skryf nie), het vertaal­
spanne geletterdheidsklasse gelei in
die gemeenskappe wat nuut vertaal­
de Bybels en Bybelgedeeltes gaan
ontvang.
Die Digitale Bybelbiblioteek is ’n
digitale databasis wat in 2011 begin
is. Van die Bybelvertalings wat hier
gestoor word, behoort 75% aan die
Wêreldbond van Bybelgenootskappe
en word vir apps en webwerwe be­
skikbaar gemaak. Die biblioteek bevat
2 500 tekste in 1 622 tale.
Die top vyf lande wat in 2019
meer as 18,3 miljoen volledige Bybels
versprei het, is Brasilië, China, die
Verenigde State van Amerika, Indië en
Nigerië.
Tydens 2019 was werk ook onder­
weg aan die vertaling van Bybelge­
deeltes in 29 gebaretale wat wêreld­
wyd deur 5,3 miljoen Dowes gebruik
word. Negentien Bybelgenootskappe
het Bybelgedeeltes in videoformaat
versprei.
“Dit is verblydend dat, danksy
ons pogings in 2019, miljoene meer
mense die uitdagings van 2020 sal
kan tegemoet gaan met die Bybel in
hulle hand,” het Michael Perreau, die
Direkteur-generaal van die Wêreldbond
van Bybelgenootskappe, gesê.
dS
1,2,3,4 6,7,8,9,10,11,12,13,14,15,...26
Powered by FlippingBook