Die Saaier - Lente 2020 - page 14

en vir geopende deure. Dit is
ons hoop om sterk en produk­
tiewe vennootskappe met kerke
en ander Christenorganisasies
te sluit. Bid vir almal in ons
kantoor en dat God ons die
wysheid sal gee om met
integriteit die opdrag om God
se Woord beskikbaar te maak,
uit te voer.
Mexiko:
Bid dat ons in die
Bybelbehoeftes van ons diverse
en groot bevolking sal voorsien.
Ons land is een van die mees
digbevolkte lande in die wêreld.
Bid dat die Bybelgenootskap
die geestelike behoeftes van
ons mense voldoende sal kan
aanspreek deur materiaal in ge­
paste formate te verskaf wat tot
alle ouderdomme sal spreek.
6-12 Des
Kazakstan:
Bid dat die ower­
hede die Bybelgenootskap sal
toelaat om optimaal met sy
bedrywighede voort te gaan.
Bid vir die sukses van ons
kinder- en jeugprojekte en dat
God ons personeel en gesinne
sal seën.
Kirgisië:
Die Islam-geloof
groei al meer in Kirgistië. Bid
dat die land ontvanklik sal
wees vir die ware God en
die boodskap van sy Woord.
Bid vir ons vier bestaande
projekte, vir vertalings van
hoë gehalte, asook vir ons
Bybelstudiemateriaal vir
kinders.
13-19 Des
Russiese Federasie:
Bid dat Stad Moskou die
Bybelgenootskap grond sal
gee om ’n nuwe pakhuis te
bou soortgelyk aan die een wat
hulle nou gebruik. Die huidige
pakhuis is op ’n roete geleë wat
die stad vir ’n nuwe snelweg
geoormerk het. ’n Funksionele
pakhuis is van kritieke belang vir
die ontwikkeling van ons
bediening in Rusland.
Armenië:
Bid vir ons nuwe
projekte wat op Bybelbewus­
making en die produksie van
’n Oudiobybel fokus. Bid dat
meer kinders by die Woord
van God betrokke sal raak
en dat ons onderwysers van
Bybels kan voorsien.
20-26 Des
Azerbeidjan:
Bid vir stabi­
liteit in ons land en vir finan­
siële ondersteuning van ons
projekte. Bid dat mense ons
Kinderbybelprojek sal onder­
steun. Bid vir ons personeel
en vir die werk wat ons beoog
om volgende jaar te doen.
Georgië:
Dank die Here
vir alles wat ons sover kon
vermag. Bid dat ons toepaslike
Bybelmateriaal in formate en
vertalings beskikbaar kan maak
vir die verskillende segmente in
ons gemeenskap.
27-31 Des
Pakistan:
Bid vir ons toekoms­
tige Hoofsekretaris. Bid vir ons
vertalings-, geletterdheidspro­
gramme asook vir ons Bybel­
kompetisies en vir die veiligheid
van ons landsburgers.
Afghanistan:
Bid vir vrede
in ons land en dat die mense
wat na God uitreik toegang tot
die Woord sal kan kry.
dS
1 Kirgisië
2 Georgië
3 Azerbeidjan
4 Armenië
1
2
34
Kazakstan
Afganistan
Pakistan
Russiese
Federasie
12
die saaier
lente 2020
1...,4,5,6,7,8,9,10,11,12,13 15,16,17,18,19,20,21,22,23,24,...26
Powered by FlippingBook