Die Saaier - Lente 2020 - page 20

D
H e t j y g e w e e t
?
’n Afrikaanse Bybel wat spesiaal vir Dowes vertaal is,
Die Bybel
vir Dowes
, word in 2008 bekendgestel.
Virtuele Hardloop
en stap vir hoop
regoor die wêreld
Die Covid-19-pandemie wat wêreld­
wyd toegeslaan het, het daartoe
gelei dat beplande geleenthede om
die Bybelgenootskap se 200ste
herdenking te vier, gekanselleer
is. Daar moes dus van die virtuele
omgewing gebruik gemaak word.
Een so ’n gebeurtenis was die
Virtuele Hardloop en Stap vir Hoop
en Trap vir Hoop. Meer as 2 000
deelnemers van regoor die wêreld,
insluitend lande soos China,
Nieu-Seeland en Engeland, het vir
die gebeurtenis, wat tydens die
Bybelgenootskap se verjaarsdag­
naweek van 22 en 23 Augustus
gehou is, ingeskryf.
Een atleet wat met groot
geesdrif die
marathon afgelê
het, is Billy Sigudla van Germiston.
Hy was behoorlik opgewonde voor
die wedloop. “Ek hoop om baie
ondersteuning en donasies van die
publiek te kry,” het hy gesê.
Dalene du Plessis van die Bellville
Atletiekklub het tydens die Bybel­
genootskap se verbyryverjaarsdag­
partytjie van die geleentheid gehoor
en sommer daar en dan ingeskryf
om 21 km te hardloop. “Die Bybel en
God se genade is vir my baie, baie
belangrik,” het sy gesê.
Die Bybelgenootskap bedank
almal wat aan die geleentheid
deelgeneem het.
dS
18
die saaier
lente 2020
1...,10,11,12,13,14,15,16,17,18,19 21,22,23,24,25,26
Powered by FlippingBook