Die Saaier - Lente 2020 - page 22

E
Eerstejaarstudente van die Volle
Evangelie Kerk van God se Teologiese
Kollege het onlangs Hebreeuse en
Griekse Testamente van die Bybel­
genootskap ontvang.
Die Testamente is deur dr Moses
Hobe oorhandig. Dr Hobe is ’n vol­
tydse lektor by die kollege en is ook
nou betrokke by die Bybelgenootskap.
“Met hierdie Testamente kan die
studente die teks in die oorspronklike
tale bestudeer en dit sal hulle help om
die teks beter te begryp,” het hy gesê.
Die Bybelgenootskap kan teologie­
Testamente
vir môre se kerkleiers
studente op hierdie manier help,
danksy ’n jaarlikse skenking wat van
die Duitse Bybelgenootskap ontvang
word. Hierdie Testamente is baie duur
en word gewoonlik aan tweedejaar­
studente beskikbaar gemaak wat
Hebreeus, Grieks en Latyn bestudeer.
“Ons probeer om soveel moontlike
kerkgenootskappe se teologiese skole
te nader om hulle studente van die
tekste te voorsien,” het dr Francois
Sieberhagen, bestuurder van die
Bybelgenootskap se Missionale
Programme, verduidelik.
dS
H e t j y g e w e e t
?
Op 24 November 2012 word die isiNdebele Bybel bekendgestel.
Al 11 amptelike tale van ons land beskik nou oor ’n volledige
Bybel.
20
die saaier
lente 2020
1...,12,13,14,15,16,17,18,19,20,21 23,24,25,26
Powered by FlippingBook