Die Saaier - Lente 2020 - page 24

H
Gee nou
Het jy al oorweeg om ’n bydrae te maak deur
SnapScan te gebruik?
Besoek gerus die Bybelgenootskap se webwerf
en klik op die
Gee
nou
-knoppie. Dit sal jou na ’n bladsy neem met ’n
verskeidenheid maklike maniere om jou bydrae te maak.
Vir SnapScan volg jy net die stappe op die webwerf en een, twee, drie het
jy ’n bydrae gemaak wat iemand kan help om ’n Bybel te ontvang en om
sodoende ook die lewegewende boodskap van die Woord te kan ervaar.
Twee nuwe lede het vanjaar op die Bybelgenootskap se Raad van Direkteure
begin dien.
Natasha Potgieter
het nadat sy haar LLB-graad aan
die Universiteit van die Wes-Kaap behaal het, verdere
regsopleiding by die Universiteit Kaapstad ontvang. In
2017 is sy as advokaat tot die rol van die Hooggeregshof
van Suid-Afrika toegelaat. Natasha is aktief betrokke in
die bediening en het ’n hart vir jeugontwikkeling en
leierskap. Sy geniet ook uitreik- en welsynswerk.
Masenyani Baloyi
is op 1 Januarie 2010 as hoof van
die Bybelgenootskap se Vertalingsdepartment aangestel.
Hy het ’n doktorsgraad in Ou Testamentiese Studies
aan die Noordwes-Universiteit behaal en het al heelwat
artikels geskryf en referate by verskeie plaaslike en
internasionale geleenthede gelewer. Hy is ook ’n
vertalingskonsultant van die Wêreldbond van
Bybelgenootskappe.
dS
Nuwe
direkteure
verkies
H e t j y g e w e e t
?
Die vertaling van ’n Bybel in doofgerigte Engels,
The English Bible
for the Deaf
, word in 2019 bekendgestel.
22
die saaier
lente 2020
1...,14,15,16,17,18,19,20,21,22,23 25,26
Powered by FlippingBook