Die Saaier - Lente 2020 - page 23

T
Toe die grendeltyd op sy strengste was en alle
Suid-Afrikaners by die huis moes bly, het die
Tshwane Stadsraad ingespring om diegene
wat op straat bly ’n plek van veiligheid te gee.
Honderde straatmense, baie van hulle
dwelmverslaafdes, is vir Covid-19 getoets en
’n warm bed in ’n tydelike skuiling gegee. Een
so ’n skuiling was by die Lyttleton Sportgronde
in Oos-Pretoria. Hier is sowat 400 jongmans
ingeperk as deel van die stad se poging om
die pandemie onder die haweloses te beperk.
Siviele vrywilligers en die weermag is gevra om
te help om die groepe te voed.
Weens sy posisie as kapelaan in die SA
Weermag Genieformasie, was ds Charl de
Kock, wat ook ’n Organiserende Sekretaris
van die Bybelgenootskap is, by die operasie
betrokke.
“Baie van hierdie jongmans is aan die
dwelm
nyaope
verslaaf en is weens hul
dwelmprobleem van die huis af weggejaag.
Hierdie is letterlik verlore seuns. Ek het besef
hier is ’n geleentheid om Bybelgedeeltes te
versprei,” vertel hy.
Tydens een van sy besoeke waar hy vir
die mans gebid en hulle bemoedig het, het
hy ook gereël vir die verspreiding van 220
Evangelies volgens Johannes.
“’n Mens kan maar net bid dat hierdie
Evangelies hulle sal help om ’n beter lewe
te lei,” het hy gesê.
dS
H e t j y g e w e e t
?
Geletterdheidsmateriaal (
My eerste Bybel Doen en Leer Boek
en
My 2de Bybel Doen en Leer Boek
) is sedert 2018 in al 11
amptelike tale van Suid-Afrika beskikbaar.
Evangelies
vir verlore seuns
21
1...,13,14,15,16,17,18,19,20,21,22 24,25,26
Powered by FlippingBook