Die Saaier - Lente 2020 - page 21

H e t j y g e w e e t
?
Die Bybelgenootskapwet word herroep en vanaf 1 April 2009
funksioneer die Bybelgenootskap as ’n artikel 21-maatskappy
sponder winsoogmerk.
S
Sonder God kan daar nie geregtigheid
wees nie.
Dit is een van die hoofpunte wat
uitgelig is tydens ’n vergadering wat die
Uitvoerende Hoof van die Bybelgenoot­
skap, ds Dirk Gevers, met die Hoof­
regter van die Republiek van Suid-Afrika,
Hoofregter Mogoeng Mogoeng, gehad
het rondom die tema van
Geregtigheid
deur die lens van die Bybel.
Die hoofregter was geskeduleer om
die spreker te wees by ’n konferensie
van die Wêreldbond van Bybelge­
nootskappe wat in Junie in Kaapstad
sou plaasvind en wat besoekers van
regoor die wêreld sou bywoon. Die
Covid-19-pandemie het egter die planne
in die wiele gery. Die toespraak is dus
deur middel van ’n Zoom-vergadering
gedoen en aanlyn uitgesaai waar selfs
meer mense dit kon sien en hoor.
Dit was gou duidelik dat die Woord
en geregtigheid van groot belang was vir
Hoofregter Mogoeng Mogoeng.
“Die Bybel is die middelpunt tot enige
vorm van ware geregtigheid waaraan
ons kan dink,” het hy onder andere
gesê.
Geregtigheid
deur die lens van die Bybel
Hy het aan die hand van verskeie
Skrifgedeeltes wat hy uit die Bybel
aangehaal het, verduidelik hoe gereg­
tigheid op goddelike beginsels soos
liefde, waarheid, vrede, genade en
vrygewigheid — die kwaliteite van God
self — rus.
dS
19
1...,11,12,13,14,15,16,17,18,19,20 22,23,24,25,26
Powered by FlippingBook