Die Saaier - Lente 2020 - page 16

O
Om haar 30ste verjaardag
te vier het ’n inwoner van
Mitchells Plein in Kaapstad
besluit om ander met kos
en die Woord van God te
seën.
Ruth Govender was so dankbaar
dat die Here haar vir nog ’n jaar
gespaar het dat sy na die behoef­
tige inwoners van die nabygeleë
Kapteinsdrif informele nedersetting
uitgereik het.
Ruth het kospakkies opgemaak
en so gehelp om 80 kinders en
bejaardes te help voed.
Dr Ruth Jonas, Organiserende
Sekretaris van die Bybelgenootskap,
en ’n span vroue van die ‘United
Congregational Church’ in Mitchells
Plein het haar vergesel.
Tydens hulle besoek het hulle
H e t j y g e w e e t
?
Vir die eerste keer in die
bestaan van die Bybel­
genootskap word daar in
1984 meer as een miljoen
volledige Bybels versprei.
Bybels, Evangelies van Johannes
asook van die Bybelgenootskap
se Bybelgebaseerde geletterheids­
boekies versprei. Hulle het ook vir
die veiligheid van die ouer inwoners
tydens die Covid-19-pandemie
gebid.
dS
Verjaardagwense,
verjaardagseëninge
14
die saaier
lente 2020
1...,6,7,8,9,10,11,12,13,14,15 17,18,19,20,21,22,23,24,25,...26
Powered by FlippingBook