Die Saaier - Lente 2020 - page 15

D
C
’n
Helpende
hand
Die Bybelgenootskap het
onlangs 5 000 Bybelgebaseerde
geletterdheidsboekies aan
Solidariteit Helpende Hand geskenk om by te dra tot hierdie organisasie se
poging om armoede aan te spreek tydens die Covid-19 pandemie.
Hierdie boekies is saam met kospakkies aan gesinne in nood oorhandig en sal
ook deel uitmaak van Helpende Hand se
Kosblikkie
en
Skooltassie
projekte.
“Ons het nog altyd probeer om nie net die fisiese armoede nie, maar ook die
geestelike armoede te probeer verlig. Die samewerking van die Bybelgenootskap
getuig hiervan. Ons wil saam met die kospakkies vir die gesinne ook hoop gee,”
het Helpende Hand se Uitvoerende Hoof, Hannes Noëth, gesê.
dS
Skoonheidsfinalis
help Dowes met Bybels
Chanika Viljoen, ’n finalis in die 2020 Mej
Doof Suid-Afrika kompetisie, het onlangs
die Bybelhuis in Kempton Park, besoek
waar sy twee eksemplare van die Engelse
Bybel vir Dowes,
The Bible for the Deaf
,
ontvang het.
As deel van die welsynswerk wat sy
as finalis moet verrig, het Chanika besluit
om hierdie Bybels aan twee skole in
Soweto – Sizwile Skool vir Dowes en Kutlwanong Skool vir Dowes — te skenk.
“Dankie aan die Bybelgenootskap van Suid-Afrika vir hierdie twee Bybels, ek
waardeer dit. Ek is so dankbaar dat julle die dowe gemeenskap kan help. Dit is
belangrik dat dowe kinders die Bybel kan verstaan en in God kan glo,” het Chanika
gesê.
dS
H e t j y g e w e e t
?
Op 23 Februarie 1970 word die Wet op die Bybelgenootskap
van Suid-Afrika (Wet 15 van 1970) eenparig deur die parlement
aangeneem.
13
1...,5,6,7,8,9,10,11,12,13,14 16,17,18,19,20,21,22,23,24,25,...26
Powered by FlippingBook