Die Saaier - Lente 2020 - page 11

Indië
Filippyne
Indonesië
Mikronesië
Australië
Nieu-
Seeland
Oos-Timor
Papoea-
Nieu-Guinee
Stille Suidsee
Hongkong
Bangladesj
Sri Lanka
Maledive
Taiwan
Gebedsgids
no 4
2020
OKTOBER
27 Sept – 3 Okt
Nieu-Seeland:
Bid dat ons
goeie vordering sal maak in
ons missie om Bybels aan
almal beskikbaar te maak en
om Bybelbetrokkenheid aan
te moedig. Mag die Woord
beskikbaar wees in alle
formate wat in die behoeftes
van mense van alle ouder­
domme sal voorsien.
Papoea-Nieu-Guinee:
Bid vir die hersiening van
die Tok Pisin Bybel en dat
dit in die behoeftes sal
voorsien van die lesers wat
dit aangevra het. Bid dat ons
bekostigbare Bybels beskik­
baar kan maak aan diegene
wat dit nie kan bekostig nie.
Die ekonomiese omstandig­
hede op die eilande is moeilik.
Stille Suidsee:
Bid dat
ons bekostigbare Bybels
beskikbaar kan maak aan
inwoners van hierdie
ontwikkelende eilande wat
dit nie kan bekostig nie. Bid
dat Bybelbetrokkenheid en
gevolglik geloof in die streek
sal groei.
4-10 Okt
Australië:
Bid vir die verta­
lings waaraan daar tans
gewerk word, veral in die
Pitjantjatjara en Nyoongar
tale. Bid ook vir ons werk
om jongmense te kry om die
Bybel te lees.
Oos-Timor:
Bid dat ons in
die Bybelbehoeftes van die
Christene in hierdie land sal
kan voorsien, ondanks die
feit dat daar nie ’n plaaslike
Bybelgenootskap bestaan nie.
Indonesië:
Dank die Heer vir
die dankseggingsdiens wat in
Februarie vanjaar gehou is om
die 66ste herdenking van die
Indonesiese Bybelgenootskap
9
1...,2,3,4,5,6,7,8,9,10 12,13,14,15,16,17,18,19,20,21,...26
Powered by FlippingBook