Die Saaier - Lente 2020 - page 3

H e t j y g e w e e t
?
Die stigtingsvergadering van die South African Bible Society vind
op 23 Augustus 1820 plaas in Government House, Kaapstad.
1
M
Sakke
vir Bybels
Madelein Steyl, die eienaar van
Bags to Shop het ’n diep liefde vir
God. “Die Bybel is my rigtingwyser,
my motivering, my vertroosting,
my geloofwaardigheidstoets, my
harde waarheid, my klaskamer, my
liefdesverhaal … alles deur God
geïnspireer!”
Madelein het ’n kreatiewe
manier gevind om die Bybel­
genootskap se
2 Miljoen
Bybels
-projek te ondersteun met
haar
Bags 4 God
-reeks sakke.
’n Gedeelte van haar inkomste
uit die verkoop van hierdie sakke
word aan die projek geskenk.
“Op dié manier kan ons help om
God se Woord te versprei en ook
daartoe bydra dat meer Bybels
aan selfs meer mense wat sy
Woord en leiding soek, beskikbaar
gemaak word,” vertel sy.
Heelwat mense het reeds hul
deel gedoen om die
2 Miljoen
Bybe
ls-projek te ondersteun. Met
hierdie projek wil die Bybelgenoot­
skap oor die volgende twee jaar
twee miljoen Bybels en twee miljoen
stelle Bybelgebaseerde geletterd­
heidsboekies aan diegene in nood
beskikbaar maak.
Indien jy, net soos Madelein,
God se Woord koester en ook
wil sien dat ander kan deel in hierdie
wonderlike boodskap van lewe en
hoop, ondersteun gerus ons
.
Laat ons
hande vat en saam saaiers van hoop
wees.
dS
1,2 4,5,6,7,8,9,10,11,12,13,...26
Powered by FlippingBook